Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.
Huisgenoot
MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM
KARMA SE SIRKEL • Die aktrise Liane Heyl praat oor haar agt jaar lange stryd om haar tannie se man te laat boet vir haar moord
TOT DIE DOOD ONS KOM SKEI • ’n Paartjie van Pretoria trou al het hulle net ’n paar maande saam oor
KAATJIE VAN DIE BAAN • Mel Viljoen van Die Real Housewives van Pretoria is min gepla oor geld, al ry sy en haar man met sportmotors, bly hulle langs ’n gholfbaan en het sy ’n reuse-klereversameling
MY STREPE AS TROTSE TROUVROU • Die aktrise Christi Panagio is ná vyf jaar terug op die kassie – maar haar hartsplek is steeds by die huis
DIS HOEKOM EK MY VROU VERKUL … • Dit is meestal vir ’n vrou verpletterend as sy uitvind haar man het haar verkul. ‘Hoekom?’ bly dit dan by haar spook. In ’n brief aan die Daily Mail het hierdie man sý kant probeer stel: Hy verkul sy vrou omdat sy nie meer in seks belangstel ná die geboorte van hul kinders nie. Hier volg sy anonieme brief wat Britse lesers laat gons het
VERPLEEG TOT DIE DOOD TOE • Is Lucy Letby ’n moordenaar of die sondebok vir ’n stelsel wat kinders in die steek laat? ’n Jurie in Engeland moet besluit ná die dood van sewe babas
WÊRELD, HIER KOM EK • Edward Niño Hernández, die wêreld se kortste man, is vasbeslote om voluit te leef ondanks sy grootte
Blaaie vol SLAAIE • Die bont verskeidenheid KLEURE in hierdie KOMBINASIE slaaie kondig uitbundig die koms van warmer weer aan en maak ’n mens lus vir VARSER en skoner eet. Die SOUSE is ’n ideale pasmaat by elk
SOMERKAS-KENADES! • Laat jou kleingoed hierdie somer koel lyk en voel in dié oulike modes
DIS DIE VEL DIS DIE LUG • Al speel ons gene ’n groot rol in ons veltipe, kan die omgewing ook ’n impak hê. Ons kyk na die dinge wat ons ouer laat lyk – en dis al
PRENTJIE-MOOI • Stylvolle maniere om familiefoto’s uit te stal
HARDLYWIGHEID – HIER IS ALLES WAT JY MOET WEET • Dis iets waaroor mense nie sommer praat nie, al ervaar almal soms dié ongemaklikheid. Chroniese hardlywigheid kan boonop erge pyn veroorsaak. Ons het kenners gevra hoe jy dit kan voorkom en bestuur
HOE GEMAAK AS JY DIT EERS HET
VRA VIR IRMA
HOE WERK DIE BLITSVERKOOP VAN EIENDOM?
REEKSE
Black Adam • Aksie. Met Dwayne Johnson, Pierce Brosnan en Noah Centineo. Regie: Jaume Collet-Serra. 13.
The School for Good and Evil
Taylor Swift • Die musiekster is terug met ’n splinternuwe album
HET JY GEWEET?
Nuut op die rakke • Geniet die vierde avontuur van die nimlike Hans van Kraaienburg
ONTMOET VAN DIE KARAKTERS
Deure • Vyftien jaar laas het sy voor hierdie deur gestaan. Sal dit hierdie keer anders wees?
TV-GIDS • Alle TV-inligting was korrek teen druktyd. By Huisgenoot maak ons seker die inligting is reg, maar TV-kanale bring dikwels veranderings aan nadat ons spertyd verstryk het.
huisgenotjies • Stuur gerus oorspronklike grappies; jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik. Skryf aan Huisgenotjies, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of grappies@huisgenoot.com en verstrek jou naam, adres, identiteitsnommer en bankbesonderhede (bank, taknaam, takkode en rekeningnommer).
JOU STERRE
RAAISELS
Die wêreldwye geldkrisis
WAT IS DIE IMF?
HOEKOM SUKKEL DIE WÊRELD SE GELDSAKE SO?
HOE LANK GAAN DIT SO MOEILIK...