Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.
Kuier
HALLO, LIEWE KUIER-LESERS!
BOODSKAPPE
ONS LESERS vertel… • Eks-gangster werk hard aan sy droom om diere te help
SALWING IN SANG • Haar gebrokenheid het haar karakter gebou én haar uiteindelik gehelp om ander gebrokenes by te staan
Emo en Loukmaan ÍS ‘TWO OF A KIND’ • Die Adams-broers het hul tande in die vermaakbedryf gesny en is nou, dekades later, nog netso relevant as toe, met ‘n splinternuwe show wat kom
‘NEE, EK'S NIÉ OKAY’ • Sy het ‘n deel van haarself verloor toe haar seun, die rapper AKA, in Februarie koelbloedig vermoor is. Dis die seerste seer, maar sy kies elke dag om net te lééf, sê Lynn Forbes
‘ONS IS VERLORE’ • ‘n Familie sukkel maande later steeds om die gru-dood van vier van hul geliefdes te verwerk, met vordering wat sloer en hope onbeantwoorde vrae
VIER JOU BRUIN VEL • Of dit siekte of teenspoed is wat jou in ‘n hoek druk, moenie opgee nie! Dis wat dié dinamiese sussie-vennote geleer het
BAK MET gemak • Jy hoef nie ‘n bobaasbakker te wees om hierdie resepte te bemeester nie. Dié gebak is maklik en flatervry
HERFSBEDERF • Daar's ‘n byt in die lug en die weer raak ál koeler. Trek dié staatmakers nader om die koue te trotseer
STAP IN STYL
VRA DR. PATRICIA • Soek jy raad oor ‘n mediese probleem?
VERTEL VIR ANTIE VAL • Sukkel jy met jou liefdeslewe? Hier is raad
PAS JOU SMILE OP • Niemand wil bekendstaan as ‘n ‘stinkmond’ nie, en tog besef baie van ons nie hoe min tande borsel alleen eintlik vir ons mondhigiëne beteken nie
HELP! MY FAMILIE IS TOKSIES • Giftige mense kan jou emosioneel dreineer en dis nog erger as dit jou eie familie is. Leer ken die tekens en beskerm jouself
BARGAINS VIR BEJAARDES • Jy sal verbaas wees hoeveel specials deesdae vir ouer mense beskikbaar is. Ons het gaan rondsnuffel vir die beste bargains om daai All Pay-rande of pensioensalaris nog verder te rek
IS JOU KIND ‘N BOELIE? • Jou kind se pad gaan een of ander tyd met boelies kruis. Maar hoe gemaak as jou kind die boelie is?
ONS SIMBOOL VAN TROTS • Ná apartheid het SuidAfrika sy huidige vlag gekry. Wat beteken die vlag?
SA SE ANDER NASIONALE SIMBOLE
SOEK-SOEK • DAAR IS 10 VERSTEEKTE ITEMS IN DIE PRENT. KYK OF JY ALMAL KAN OPSPOOR.
STER-BLOKRAAI
BLOKRAAI
FOTOBLOKRAAI
GROOT WOORDBOU • Soek (slegs) die onderstreepte woorde op die lys langsaan in die tabel hier onder. Hulle lê horisontaal, vertikaal en diagonaal.
BYBEL-BLOKRAAI
OPLOSSINGS
TV -GIDS • 27 APRIL-10 MEI
KYK UIT! • Hier's die Wynlande se eie ‘Real Housewives’!
‘N VROU WAT PRAAT • Sy't op 26 al ‘n hoogaangeskrewe digbundel agter haar naam, is een van die blinkste opkomende stemme in Afrikaans en laat mense skater as die skreeusnaakse Belinda Louw met die headset op TikTok!
DIE HYSBAK • Spyt kom altyd te laat. Dít het die ou vrou beleef uit haar vlugtige, intense tyd met die vreemdeling in die hysbak
TROU IS BESLIS G'N SPROKIE… • Trou jy en vee jou oë uit, is die honeymoon verby. Tog het ons grootouers se huwelike gehou. Wat's die geheim?
DIE PRYS VAN VRYHEID • Mag ons nooit vergeet hoe duur vryheid ons gekos het nie en hoekom ons dit juis nou, meer as ooit, moet koester